Sunday 9 September 2012

Tegnologie in die klaskamer vergemaklik onderrig en leer




Rekenaar gebruik:
Leerders kan op programme werk wat hulle help leer.
Leerders kan daaglikse nuus lees en by bly met gebeure.
Leerders kan opdragte uitvoer soos lees en wiskunde doen met 'n tydlimiet
Leerders kan met mekaar kommunikeer
Leerders kan gaan kyk hoe dit lyk in lande soos Frankryk of VSA sonder om daar te wees(Aardrykskunde klas)
Leerders kan met onderwysers kommunikeer oor take en huiswerk deur e-pos.
Met internet, is daar onbeperkte hulpbronne in die klaskamers vir die leerders sowel as die onderwysers.
Vergemaklik onderrig (prente, inligting en nuus kan aan leerders voorsien word).
Goeie inleiding met leerderbetrokkenheid word geskep.
Vergemaklik administrasie
Minder papierwerk.

Leerders leer hoe tegnologie werk in die 21ste eeu.

Geen kryt, geen stof.
Maklik om te gebruik
Onderwyser kan met afstandsbeheer werk
Vergemaklik onderwysers se voorbereiding omdat hulle lesse kan bepan en stoor.
Minder papier word gebruik.
Leerders handig take elektronies in.
Kan oor ander inligting skryf bv. 'n kaart van Suid-Afrika op agtergrond, waar leerders dan die provinsies moet invul.


Leerders word aktief betrokke by die les a.g.v. tegnologie.




Selfoon/ipad gebruik:


Leerders met internet op selfone/ipad kan die volgende positiewe gevolge hê op hulle leer:
·         In die Aardrykskunde klas kan die leerders op hulle selfone kyk waar is bv. Frankryk en Japan. Prente aflaai van hoe dit daar lyk en wat daar alles is vir vermaak.  Daar kan ook nagelees word oor die geskidenis van elke land.  Leerders gaan nie weet hoe dit in Engeland lyk deur net bloot in die klas aan hulle te verduidelik nie, hulle moet sien.  Selfone bied aan leerders die geleentheid om stede, lande en gebeurtenisse te sien.

·         Leerders kan die daaglikse nuus lees op selfone en so bly hulle by met die vinnige veranderende wêreld daar buite asook gebeure.

·         Hulle kan ‘n woord opsoek op die selfoon deur van ‘n  woordeboek gebruik te maak op die internet.

·         Hulle kan stil kommunikeer in groepe deur smse te stuur onder mekaar in die groep.

·         Leerders het ekstra inligting beskikbaar oor ‘n sekere onderwerp a.g.v die internet.

·         Handboeke in die klaskamer is beperk, maar op die net is daar duisende bronne tot hulle beskikking.

·         Die onderwyser kan met die leerders naskool kommunikeer en huiswerk aan hulle deurgee soos wat ons efundi het op die Puk.

·         Leerders kan hulle eie leer reguleer.

·         Leerders kan bronne stoor op hulle selfone en prente heen en weer stuur.

·         Leerders kan die besprekings in die klaskamer opneem en weer daarna gaan luister by die huis.  Op die manier hoor hulle weer wat in die klaskamer gesê was.

·         Leerders kan deur die gebruik van selfone in die klaskamer al hulle sintuie gebruik, want hulle kan foto’s neem, video’s kyk(sien en hoor) op net en prente aflaai.  Die onderwyser sal dan in die klas sorg dat hulle bv. die verskillende soorte materiaal voel en ruik.
       Voordele van selfone
·         Internet in klas
·         Kan gesprekke opneem
·         Kommunikasiemiddel
·         Video
·         Ekstra inligting
·         Kamera
·         Leerders kan sien wat buite hulle omgewing gebeur, plekke besoek, tydskrifte en koerante is beskikbaar en nuus lees(weet van nuutste gebeure).